Tuesday, September 14, 2010

Staatshervorming in Afrikaans

Hier al aan het lachen geslaan met de geweldige woorden in het Afrikaans, maar het wordt nog stukken beter als je een artikel doorgestuurd krijgt over de politieke situatie in België. :) Of hoe de Belgische politiek toch ook een klein beetje om te lachen is.

Einde van België in sig? (Leopold Scholtz)
Den Haag - Die einde van België doem aan die gesigseinder op nadat die vyf partye wat deelgeneem het aan onderhandelinge oor ’n regeringskoalisie in Junie, geen ooreenstemming kon bereik nie.
’n Skokgolf het deur die land getrek toe die leier van die Franstalige Parti Socialiste (PS), me. Laurette Onkelinx, Sondagaand in die televisieprogram La Dernière Heure (Die Laaste Uur) gesê het: “Ons moet alle scenario’s oorweeg, ook die splitsing van die land.”
Die felste teenstanders van ’n skeuring van België in ’n onafhanklike Nederlandstalige Vlaandere en ’n Franstalige Wallonië is naamlik onder die Wale te vinde, met die PS voorop. Dat een van húl leiers nou sulke geluide maak – nie omdat sy geesdriftig daaroor is nie, eerder wanhopig – sê baie.
Die breekpunt in die onderhandelinge was die toekoms van Brussel en die dorpe rondom die stad.
Volgens die Belgiese staatstelsel is Vlaandere eentalig Nederlands; Wallonië eentalig Frans; en Brussel is tweetalig. In die praktyk word Brussel egter oorweldigend deur Franssprekendes bewoon.
Soos elders in die wêreld kry jy hier ook ’n oorspoel van die stedelinge na die omliggende plattelandse dorpe, met die gevolg dat die bevolkingsamestelling dáár die laaste dekades sodanig verander het dat sommige dorpe nou al ’n meerderheid Wale bevat.
Volgens ’n spesiale reëling mag sommige van hulle vir Franssprekende partye stem.
Dit was deur die jare vir die Vlaminge ’n doring in die vlees, want dit moedig die verfransing van die Vlaamse dorpe rondom Brussel aan. En dus wou die belangrikste Vlaamse party, die Nieuw-Vlaamse Alliantie (NVA), ’n einde hieraan maak.
In ruil wou die Wale egter ’n massiewe geldelike inspuiting vir Brussel hê, waartoe die Vlaminge nie bereid was nie.
Nou sit die land in ’n politieke skaakmatsituasie.
Daar is volgens kenners slegs twee moontlikhede: Óf een van die twee kante gee toe óf hulle begin oor die splitsing van die land onderhandel.
Vir baie Vlaminge sal dit ’n blye dag wees, maar vir Onkelinx en die meeste Wale eerder ’n nagmerrie.

1 comment:

Anonymous said...

this is very good for you, ybg :)